Die hele masjien bestaan om een ding maklik te maak: dat sy praat. Alles anders is ons werk.The whole machine exists to make one thing easy: her talking. Everything else is our job.
Kies die boek en die uitgawe, betaal, en gee vir ons haar naam en WhatsApp-nommer. Die res van die vrae kom ná betaling, wanneer jy rustig is — en jy kan die skakel vir jou suster aanstuur as sy die foto’s het.Choose the book and the edition, pay, and give us her name and WhatsApp number. The rest of the questions come after payment, when you are calm — and you can forward the link to your sister if she has the photographs.
Voor vraag een stuur ons haar een boodskap wat verduidelik wat dit is, wie dit gee, en dat sy enige tyd kan stop. Sy moet ja sê. Sê sy nee, kry jy jou geld terug minus admin — en ons vertel haar nooit dat jy teleurgesteld was nie.Before question one we send her a single message explaining what this is, who is giving it, and that she can stop at any time. She has to say yes. If she says no, you are refunded minus admin — and we never tell her you were disappointed.
Geen app, geen wagwoord, geen registrasie. Sy druk die mikrofoon en praat soos sy met enigiemand sou praat. Mis sy ’n week, wag die vraag. Wil sy een oorslaan, slaan sy dit oor — en ons vra nooit weer nie.No app, no password, no sign-up. She presses the microphone and talks the way she would to anyone. Miss a week and the question waits. Want to skip one and she skips it — and we never ask again.
Ons skryf haar stemnotas uit en redigeer liggies vir leesbaarheid — nooit vir styl nie. Haar idioom, haar pouses, haar manier van ’n storie begin: dit bly. As sy tussen Afrikaans en Engels spring, spring die boek saam, want dit is hoe sy klink.We transcribe her voice notes and edit lightly for readability — never for style. Her idiom, her pauses, her way of starting a story: those stay. If she moves between Afrikaans and English, the book moves with her, because that is how she sounds.
A5, linne hardeband, met ’n kleurafdeling vir die foto’s. Elke hoofstuk dra ’n kode wat haar werklike opname speel. Drie weke van laaste antwoord tot by jou deur.A5, linen hardcover, with a colour section for the photographs. Every chapter carries a code that plays her actual recording. Three weeks from last answer to your door.
Nie ons nie, en nie die koper nie. Sy kan enige tyd vra dat ons alles uitvee, en dan doen ons dit.Not us, and not the buyer. She can ask us to delete everything at any time, and we do.
Geen advertensies, geen derde partye, geen opleiding van modelle op haar stem nie. Ooit.No advertising, no third parties, no training models on her voice. Ever.
Jy sê vir ons wat om nie te vra nie — ’n oorlog, ’n egskeiding, ’n kind wat oorlede is — en die masjien vra dit nooit.You tell us what not to ask — a war, a divorce, a child who died — and the machine never asks it.
Suid-Afrikaans gehuisves waar moontlik, versleutel, en volledig verduidelik op ons privaatheidsbladsy.Hosted in South Africa where possible, encrypted, and explained in full on our privacy page. Lees ditRead it